Tradisionele rapportering van antimikrobiese sensitiwiteitstoetse (AST) aan klinici was basseer op die kliniese interpretasie afsnypunte van die organisme en die betrokke antibiotika en dit was in die vorm van S = sensitief, I = intermedier, R = resistant (weerstandig). Hierdie interpretasie afsnypunte was verkry van die mikrobiologiese, farmakologiese en kliniese data en het die behandelende geneesheer met relatiewe akkurate data voorsien om hom/haar te lei na die mees geskikte behandeling van 'n betrokke patogeen.

Ongelukkig het die behandeling van infektiewe siektes baie meer kompleks geword en die toename in antimikrobiese weerstandigheid dreig om antibiotiese behandeling iets van die verlede te maak. Dit is in die lig hiervan dat die noodsaaklikheid vir die rapportering van werklike minimum inhibitoriese konsentrasies (MIK) baie belangrik word. Die voorsiening van die MIK's maak dit moontlik om die antimikrobiese terapie so aan te pas sodat die toepassing van farmakodinamiese (Pd) en farmakokinetiese (Pk) beginsels benut kan word. Die doel is dus om die behandeling van infeksies te optimiseer en die ongewenste newe effekte te elimineer deur die korrekte agens met die gepaste spektrum van aktiwiteit, teen die korrekte dosis, frekwensie van toediening en vir die korrekte tydsduur aan te wend. Hierdie denkwyse is in lyn met die beginsels van antibiotiese "stewardship” en effektiewe toepassing van hierdie beginsels vereis dikwels die MIK waarde van 'n spesifieke antibiotika vir 'n spesifieke organisme.

Hierdie is die eerste Edupath in 'n reeks om die konsep van die MIK en die waarde daarvan te illustreer. 

Contact author